Local sportSportStreeknuus

Netbalspeler van Witties blink uit

Aksienetbal speler word gekies vir 0/12 B Gauteng Noord-aksienetbalspan

Christelle Heunis van Laerskool Witpoort is onlangs vir die 0/12 B Gauteng Noord-aksienetbalspan gekies.

Die span het aan Little League interprovinsiale toernooi van Action Sports Netbal deelgeneem.

Die toernooi is van 19 tot 23 Maart by die Hillfox arena in Johannesburg gehou waar hulle teen ander provinsies se 0/121B-spanne gespeel het.

Die kompetisie was baie straf, maar diedogters het die toernooi baie geniet en nuwe vriendskappe is gemaak met maats regoor Pretoria.

Vir die afgelope twee jaar speel Christelle al aksienetbal.

Sy is deel van die Gamechangers Junior Action netbalklub wat Vrydae by Centurion se aksiesportbane oefen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button