Local sportSportStreeknuus

Maree en Van den Berg deel titel as Bronkies se klubkampioen

Die vroue-kampioen is Linda Cronje met ’n puntentelling van 28.

Bronkhorstspruit GholfkKlub se jaarlikse klubkampioenskap het op 5, 6 en 7 April plaasgevind.

Sowat 93 gholfspelers het aan die kampioenskap deelgeneem.

“Die kampioenskap word die laaste twee jaar in die week aangebied weens die besluit om nie die naweek se rondes op te gee nie.

“Om die kampioenskap oor die drie dae te strek, is dit deur die klub van mening dat dit beter vir die deelnemers is omdat daar minder spelers op ’n dag deelneem.

“Ons het die Dinsdag weens erge mis eers twee ure later begin afslaan, dus het ons vanjaar twee wenners, want ons kon nie ’n uitspeel-ronde verder hanteer het nie omdat die dag verby was,” het die klubkaptein en organiseerder, Fritz van Deventer, verduidelik.

Die kampioenskap is in 1976 gestig en word jaarliks tussen Maart en Mei aangebied.

Daar was trofeë te wen in die Divisie A, Divisie B en Divisie C, asook die vroue-afdeling en die junior-afdeling.

Die klubkampioentrofee word vanjaar deur Henk Maree en Martin van den Berg, wat albei 151 houe gespeel het, gewen.

Die vroue-kampioen is Linda Cronje met ’n puntentelling van 28.

Die wenner in Divisie B is Gerrit Bouwmeester met 159 houe.

Die wenner in Divisie C en Senior Divisie B is Gerhard Erasmus met 41 punte.

Die wenner in die Senior A Divisie is Quentin Labuschagne met 81 houe.

Wenners in die dubbel-uitklop 2021 is Jay Jay Nzimande en Thokozani Sindane.

Die wenner in die enkel-uitklop is Oupa Ramaeto.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button