Local sportSportStreeknuus

Bronkies se meesteratleet verower goud

“Mens is nooit te oud om jou drome te volg nie”

Mariska Paxton, ’n verspringatleet van Bronkhorstspruit, het twee goue medaljes tydens die Sentraal Gauteng Meesters-Atletiekkampioenskap ingepalm.

Die koue weer kon nie Saterdag, 16 April, dié atleet bo 40 afskrik nie.

Sy het steeds ’n goue medalje in verspring verower en ook ’n eerste plek in die 100m-naellope behaal.

Paxton het hiermee na die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap vir meestersatlete wat van 5 tot 7 Mei in Pilditch Stadion in Pretoria plaasvind, deurgedring.

Sy het ook 2019 gekwalifiseer om aan die SA-kampioenskap deel te neem en het toe ’n bronsmedalje verower.

Een van haar besondere prestasies is dat sy reeds as 15-jarige, wat skaars met verspring en driesprong begin het, goud op die Suid-Afrikaanse Kampioenskap verower het.

Mariska Paxton oefen vir verspring. (Foto: Verskaf)
Mariska Paxton behaal op 16 April goue medaljes in verspring en die 100m-naellope tydens die Sentraal Gauteng Meesters-atletiekkampioenskap. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button