Local sportSportStreeknuus

McCann is Cullinan Gholfklub se kampioen

Sune Coetzee is die vroue-klubkampioen.

Neil McCann is Cullinan Gholfklub se nuwe klubkampioen.

Hy het dié titel op die jaarlikse klubkampioenskap wat op Saterdag, 14 Mei en Sondag, 15 Mei plaasgevind, verower.

McCann is ook Cullinan Gholfklub se huidige klubkaptein.

Sowat 80 gholfers het aan die kampioenskap deelgeneem, ’n rekord inskrywing sedert 2018.

Slegs 27 putjies is gespeel weens ongure weer.

Sune Coetzee is die vroue-klubkampioen.

In die B-divisie het Andries van Vuuren met die wen prys in die mansafdeling weggestap en is Chrisna Oosthuizen as wenner onder die vroue bekroon.

Die C-divisie se mansadeling is deur Enan Schlebusch gewen en die vroue-afdeling is deur Rinata Olivier beklink.

Henco van Loggerenberg is die wenner van die junior-afdeling.

Die klubkampioenskap het in 1905 begin toe die baan gestig is.

Die klub bied tans ook die jaarlikse enkel- en dubbel-uitklopkompetisies aan.

Daar is ook elke Woensdag en Saterdag gewone klubkompetisies en Woensdae word ’n vleiskompetisie aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button