Local sportSportStreeknuus

Bronkhorstspruit Rugbyklub spog met nuwe uitrustings

Bronkhorstspruit Rugbyklub wat tot dusver onoorwonne in die Carlton B-liga is, pronk met nuwe opwarmingshempies, broeke en sakke.

Bronkhorstspruit Rugbyklub wat tot dusver onoorwonne in die Carlton B-liga is, pronk met nuwe opwarmingshempies, broeke en sakke.

Die Bronkies-manne het op Donderdagaand, 2 Junie, die koue aangedurf om die borge van hul nuwe sportuitrustings te onthaal en vir hul volgehoue ondersteuning en betrokkenheid te bedank.

“Julle maak die pad soveel makliker en ons kan met trots sê dat Bronkies Rugbyklub lanklaas soveel ondersteuning van die gemeenskap ontvang het.

“Dis entrepeneurs soos dié (die borge) wat onder moeilike omstandighede dit moontlik maak om rugby in ons dorp uit te bou en die prestasies te lewer wat so deel geword het van ons klub,” het voorsitter, Lourens du Plessis, gesê.

“Dankie vir elke toeskouer wat ons manne kom ondersteun naweek in en naweek uit,” het Du Plessis laat hoor.

Jaco Erasmus braai vir die manne. (Foto: Verskaf)
Jaco Erasmus (klubpresident), Joe Hermann (oud eerstespan-kaptein) en Stiaan Johnson (hoofafrigter). (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button