Local sportSportStreeknuus

Bronkies se rolbalklub hou ’n daknatmaak-dag

Die klubgronde het ’n nuwe baadjie gekry.

Danksy die Tshwane Metroraad, Bronkhorstspruit Rolbalklub en die Besigheidsliga van Bronkhorstspruit, het spelers ’n goeie byeenkoms op Donderdag, 16 Junie, gehou.

Spanne wat bestaan het uit klublede en lede van die besigheidsliga het teen mekaar meegeding in ’n wedstryd wat uit 16 koppe bestaan het.

Daarna is daar gebraai en gekuier as ’n daknatmaak-geleentheid vir die opgeknapte klub.

Die rolbalklub het onlangs ’n splinternuwe baadjie gekry: groot bome is met wortel en tak uitgehaal, plaveisel is gelê, ’n afdak is opgesit en nuwe braaiers is gebou.

“Vandag kon ons die vrugte van deeglike en harde arbeid pluk” het klubpresident, John O ‘Connell, laat hoor.

Daar word met lof gepraat oor die instansies wat finansiële hulp verleen het.

“Dankie ook aan John O’Connell (president), Johan Swart, Danie de Klerk en Marcelle Potgieter, en elke lid wat sy deel gedoen het. Ons is trots op ons klub en glo dat ons baie nuwe lede gaan bykry,” het Elizabeth Kendall vertel.

Met spanname soos Tigers, Three Troublemakers, Laslappies, Odd Balls en Two Roosters and a Hen, was daar ’n goeie spangees en baie entoesiasme.

“Groot dankie aan die vroue wat gesorg het vir bykosse en die mans wat vleis gebraai het. Om so lekker te kon kuier onder die afdak ná ’n heerlike spel, was ’n fees,” het Kendall bygevoeg.

Die Two Roosters and a Hen, naamlik John O’Connell saam met Elsabè en Danie de Klerk is die wenspan. Foto: Verskaf
Johan Swart, Danie de Klerk en Toon van Rensburg tydens braaityd. Foto: Verskaf
Die 3 Troubelmakers is Yvonne van der Merwe, Marcelle Potgieter en Elizabeth Kendall. Foto: Verskaf
Die twee staatmakers, Christi le Loux en Lenn Simpson, braai vleis. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button