Local sportSportStreeknuus
Wittie kwalifiseer vir SA Akrobaat kampioenskap
Sy het ook ’n spesiale toekening vir uitnemende balans, kontrole en krag gewen.
Zanica Grobler, van ChaNic School of Dance, het ’n eerste plek verwerf by die ‘Rising to Fame’ akrobaatkompetisie in Centurion.
Sy het ook ’n spesiale toekening vir uitnemende balans, kontrole en krag gewen.
Sy het ook deelgeneem aan die Noord-Gauteng Akrobaatkompetisie in vlak 10 (11 tot 0/13 jaar) en het ‘n tweede plek verower op Saterdag 21 Mei.
Verder het sy gekwalifiseer om later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Akrobaatkampioenskap deel te neem.
Zanica is ’n leerder van Laerskool Witpoort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



