Laerskool Witpoort-akrobaat vaar uitstekend op SAs
Behalwe dat sy 'n tweede plek in vlak 10 in die ouderdomsgroep 0/11 tot 0/13 behaal het, het sy ook in tuimel, vlak-vyf vir haar Gauteng-Noordkleure gekwalifiseer.
Zanica Grobler, ‘n leerder van Laerskool Witpoort, het ‘n tweede plek behaal tydens die Suid-Afrikaanse Akrobaat-kampioenskap.
Sy ontvang haar opleiding aan die ChaNic School of Dance.
Zanica het op Vrydag, 29 Julie en Saterdag, 30 Julie in Centurion aan die SAs deelgeneem.
Behalwe dat sy ‘n tweede plek in vlak 10 in die ouderdomsgroep 0/11 tot 0/13 behaal het, het sy ook in tuimel, vlak-vyf vir haar Gauteng-Noordkleure gekwalifiseer.
Hiermee het Zanica vir haar ‘n kans losgeslaan om op Saterdag, 20 Augustus aan die Gauteng-kampioenskap deel te neem.
“Wel gedaan Zanica, ons is trots op jou,” het Bernice van Staden namens Laerskool Witpoort en sy personeel laat weet.



