Local sportStreeknuus

Bronkies-rugby maak skoonskip tydens laaste tuiswedstryd

Bronkies het die krane oopgedraai en die wedstryd was besaai met hoogtepunte en prag drieë wat gedruk was.

Die Bronkhorstspruit Rugbyklub het die teenstand behoorlik ore aangesit tydens hul wedstryd teen Eersterus.

Hul laaste ligawedstryd wat op tuisveld plaasgevind het, is op Saterdag, 13 Augustus gespeel.

Die spanne van Bronkies neem aan die Bloubulle Rugby Unie se presidentsliga (BBRU) deel.

Terwyl die spelers en toeskouers met groot afwagting na die wedstryde uitgesien het, het die dag se spel ongelukkig op ’n antiklimaks afgeskop toe Eersterus se tweedespan net voor die wedstryd moes begin, onttrek het.

Ná Eersterus se onttrekking en volgens die spelreëls, is Bronkies se tweedespan 40 punte toegeken en het hulle dus die wedstryd met 40–0 gewen.

Die onoorwonne span van Bronkies Rugbyklub.

Met die eerstes se opdraf op die veld het Bronkies al hulle frustrasies op die Eersterus-spelers uitgehaal,” het Lourens du Plessis, voorsitter van die Bronkhorstspruit Rugbyklub laat hoor.

Bronkies het die krane oopgedraai en die wedstryd was besaai met hoogtepunte en prag-drieë.

Die span se verdediging was rotsvas en agt drieë is agter die doellyn geplant.

Die span van Eersterus kon slegs daarin slaag om een drie te druk.

Bronkies het na afloop van die wedstryd geseëvier met ’n skitter-oorwinning van 52–7.

Volgens Du Plessis, het albei Bronkies se spanne vir die halfeindronde in die BBRU presidentsliga gekwalifiseer.

Die halfeindwedstryde sal op Saterdag, 20 Augustus in Pretoria plaasvind.

Bronkies se eerstespan sak teen die span van Eersterus in die skrum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button