Local sportStreeknuus

Bronkies Ringbalklub spog met Springbokspelers

Hier is die span gekies om Suid-Afrika en die uitnodigingspanne te verteenwoordig.

Lede van die Bronkhorstspruit Ringbalklub het uitstekend gevaar tydens die nasionale toernooi.

Die span het vanaf 3 tot 9 Julie in Pretoria deelgeneem.

Hier is die span gekies om Suid-Afrika en die uitnodigingspanne te verteenwoordig.

Hanno Bezuidenhout, Lea Bezuidenhout, Sune Visser, Drian du Toit en Ivy van Rooyen vorm deel van die uitnodigingspan.

Sanet Lourens, Liezl de Villiers, Steve van Rooyen, Hanco Broodryk, Dante Broodryk en Ewald Bezuidenhout sal vir Suid-Afrika op die baan draf.

As deel van die span is Michael van Niewenhuizen ’n RSA-skeidsregter.

Wedstryde word in Polokwane en Sasolburg gespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button