Local sport

Secunda-swemmers presteer

Kinders eindig onder Top 20.

Swemmers van die plaaslike swemklub, Aqua Adventures LTS het einde verlede jaar by die Mpumalanga swemkampioenskap in Nelspruit presteer.

Die swemmers wat medaljes ingepalm het is twee boeties, Wian en Braam Koekemoer.

Wian het ’n tweede plek in 50m rugslag gekry, ’n vierde in 100m vryslag, twee vyfde plekke in 50m vryslag en 100m borslag,’n sesde in 50m borslag en 12de plek in 200m vryslag.

Braam het twee tweede plekke in 100m borslag en 100m vryslag behaal, twee derde plekke in 50m vlinderslag en 50m borslag, ’n vierde in 50m vryslag, ’n vyfde in 200m individuele wisselslag, sesde in 50m rugslag, ’n 10de in 200m borslag en ’n 12de plek in 200m vryslag.

Ander swemmers wat goed gevaar het, is Penelope Mullineux wat vyfde in 50m rugslag en 50m borslag was en sewende in 50m vryslag; Lida Gerber vierde in 50m borslag, negende in 50m rugslag en 11de in 50m vryslag; Rhuwan Welthagen vierde in 100m borslag, vyfde in 50m borslag, sewende in 100m vryslag, agtste in 200m individuele wisselslag, 50m vryslag en 100m rugslag en negende in 50m rugslag; Handré Viljoen sesde in 50m rugslag, agtste in 50m vryslag en 11de in 50m borslag en Caylin Bach sesde in 50m vlinderslag, 10de in 100m vryslag en 11de in 50m vryslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button