Sasol 2 Bulldogs het op 26 Januarie op hul tuisveld met die Bethal Bears kragte gemeet waar die Bears hulle met 41 lopies geklop het.
Die Bethal Bears het 250/10 in hul kolfbeurt aangeteken.
Hul top puntemakers was Dirkus Pentz wat 69 lopies aangeteken het, Deon Swart met 49 lopies en Pieter Viljoen met 40 lopies.
Viljoen en Wihan Fourie was die Bethal Bears se beste boulers wat drie paaltjies elk laat kantel het, terwyl Ashley Methula twee paaltjies laat kantel het.
Dié puik boulwerk het Sasol 2 Bulldogs gekeer om hul teiken te bereik. Hulle moes op 209/10 die kolwe neerlê.
Hul beste kolwers was Umar Badat wat 30 lopies aangeteken het, Nicus Boshoff met 27 lopies en Dylan Niemand met 21 lopies.
Boshoff was ook Sasol 2 Bulldogs se beste bouler. Hy het vyf paaltjies laat kantel vir slegs 12 lopies afgestaan. Ruhan Delport het twee paaltjies gevat het en A van Jaarsveld een.
Sasol 1 meet eerskomende Sondag kragte met Sasol 3 op die Sasol Krieketklub velde.




