Local sport

Perderuiters ding mee op Secunda

Shimmy wen verskeie afdelings.

Peraldi Perdrysentrum het op 25 Januarie ’n opleidingskou aangebied waar perderuiters in vier afdelings deelgeneem en hul vaardighede gewys het.

Ivan Mogoera op Marno, was die wenner in die driegang Fries Hing afdeling terwyl Shimmy Khooa op Edwin tweede geëindig het. Dié twee ruiters het ook as die wenner en naaswenner in die vyfgang gelding/merrie afdeling weggestap.In dié afdeling het Khooa eerste geëindig op Clarens, terwyl Mogoera tweede geëindig het op Rooikat.

Micsha de Sousa het die driegang ope ruiter en perd afdeling gewen met Sweety, terwyl Lienke Buccholz met Kiara, tweede in dié afdeling geëindig het.

Khooa het weer eens as die wenner weggestap met Hazel in die afdeling driegang Fries ruiter en perd terwyl Maruné Prinsloo met Mica, tweede geëindig het.

Die organiseerder van die dag, Yolandé Smit, het hul borge Gert Kotze van Genade Vlakspruit Stoet en BMW Secunda bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button