Ontmoet die Standerton Sables: kaptein Morné Otto
Standerton Advertiser beoog om weekliks spelers van ons plaaslike rugbyspan, die Standerton Sables aan lesers bekend te stel.
Die 33-jarige kaptein Morné Otto speel al vir twee jaar vir die Standerton Sables en is veelsydig op slot of flank.
Hy dien ook op die Standerton Sables Rugbyklub bestuur.
Otto bring kalmte en jare se ondervinding op die rugbyveld na die span en is besorg oor nuwe spelers.
“Ek wil graag aan hulle die kans bied om hul talente te bewys en op te bou. My hoop vir die Sables vir die jaar is om met verlede jaar se momentum aan te hou en op dit te bou,” het Otto gesê.
Dié jong man maak goeie werk daarvan om sy liefde vir rugby te balanseer met sy loopbaan en huwelik.
Wanneer Otto nie op die rugbyveld is nie, vind hy vreugde in familietyd en sport kyk.
Otto is ‘n gebore Standertonner met ‘n liefde vir die kleindorpie gevoel.
Hy glo die beste gedeelte van Standerton is die lewenslange vriende wat hy hier gemaak het.



