Die tweede span van Ssol se Regan Tsotsetsi takel 'n Pirate. Foto: Mariëtte Krüger
In ‘n baie warm Pretoria het Sasol Rugbyklub se tweede span Saterdag op die warmste tyd van die dag op die B-veld met min skaduwee die Pirates aangepak – en met 39-20 verloor.
Sasol se eerste span het in die eerste 10 minute reeds drie punte op die telbord geplaas.
Die Quins het geantwoord met ‘n drie en verdoeling, waarna Sasol nog ‘n strafsdoel deur die pale gesit het. Die telling was toe 7-6 in die Quins se guns.
Quins het hierna nog twee drieë gedruk en verdoel.
Sasol se Dirk Coetzer het met ‘n skepdoel verras en die halftydtelling op 21-9 te staan gebring vir die Quins.
Na halftyd moes Sasol met 14 man speel met ‘n onverwagse geelkaart.
Quins het hulle kans waargeneem en vinnig met ‘n drie en verdoeling die telling na 28 – 9 opgeskuif.
Twee minute daarna het Sasol terug geveg en ook ‘n drie en verdoeling op die bord geplaas.
Sasol het dit beslis nie maklik gemaak vir Quins nie en beurt op beurt het die twee spanne punte op die bord gesit.
Quins het ‘n rooikaart ontvang 10 minute voor die eindfluitjie geblaas het.
Quins het Sasol met 46 – 37 geklop.
Francois Botha beur vorentoe met die bal vir Sasol Rugbyklub se tweede span. Foto: Mariëtte KrügerDie Pirates-speler is nie opgewasse teen Donald Ramasobane nie. Foto: Mariëtte KrügerFrancois Botha beur vorentoe met die bal vir Sasol Rugbyklub se tweede span. Foto: Mariëtte KrügerTheuns Krüger word nie gekeer nie. Foto: Mariëtte KrügerDirk Coetzer in aksie vir Sasol se eerste span. Foto: Mariëtte KrügerDalton Smit nael met die bal.Foto: Mariëtte KrügerTiaan Stey druk ‘n drie vir Sasol se eerste span. Foto: Mariëtte Krüger
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.