Local sport

Twee vroue van Secunda verteenwoordig SA in Spanje

Michaela en Doné-Cheree Steyn benodig R80 000 om aan wêreldkampioenskap te kan deelneem.

Beste vriendinne Michaela van der Merwe (23) en Doné-Cheree Steyn (38) se fiksheid en oefenprogram neem hulle binnekort na Spanje.

Dié twee het in Augustus in die silwer-afdeling van die IFBB (International Fitness and Bodybuilding Federation) se fiksheidskompetisie deelgeneem en gewen.

Hulle het as Mpumalanga-wenners hul provinsie vanaf 11 tot 13 September by die nasionale kompetisie in Durban verteenwoordig.

Hiér het hulle ook as die wenners weggestap. Nou wink die wêreldkampioenskap, wat in November in Barcelona plaasvind, vir hulle.

Om in die fiksheidsafdeling deel te neem, moet atlete by ses verskillende stasies soveel moontlik van elke oefening binne twee minute voltooi.

Doné-Cheree Steyn en Michaela van der Merwe, slyp nou hul tande vir die wêreldkampioenskap wat in November in Barcelona, Spanje plaasvind. Foto: Verskaf

Beide vroue het op Secunda grootgeword en skoolgegaan, maar mekaar nie geken nie weens hul ouderdomsverskil.

Die twee het mekaar by Moove-gimnasium leer ken en besluit om saam te oefen en later besluit om vir die IFBB-kompetisie in te skryf.

Van der Merwe het as kind reeds begin oefen en haar pa, Morné van der Merwe, was haar inspirasie.

“Hy was altyd in die gimnasium en ek het hom dopgehou as kind toe ek in die gimnasium gesit en huiswerk doen het,” het Van der Merwe vertel.

“Ek moes toe nog ‘n jaar wag totdat ek 13 jaar oud is voordat ek by die gimnasium kon aansluit.
“Ek het toe reeds besluit ek wil eendag ‘n persoonlike afrigter word.”

Van der Merwe het van toe af daagliks geoefen. Sy het na skool ‘n persoonlike fiksheids-afrigter geword en ook aan liggaamsbou-kompetisies begin deelneem. Dit was juis by so ‘n kompetisie waar sy met fiksheidskompetisies kennis gemaak het. Sy werk voltyds as ‘n aanlyn-fiksheidsafrigter en het kliënte so ver as Amerika en Australië. Van der Merwe het ook onlangs aan halfmarathonne begin deelneem en oefen tans vir haar eerste vol marathon.

Die twee vriendinne, Doné-Cheree Steyn en Michaela van der Merwe in ligte luim by ’n kompetisie. Foto: Verkaf

Steyn het nog altyd aan en af geoefen, maar op 28, ná haar tweede kind se geboorte, besef namate jy ouer word, moet jy beter na jouself omsien. Sy het eers meer op fiksheid-fotosessies gefokus, maar het later ‘n groter uitdaging gesoek.

Steyn besit ‘n skoonheidsalon en sy het besef tussen werk en ma- en vrouwees, is dit belangrik om iets vir haarself te doen.

“Jy moet jouself ‘n prioriteit maak en om te oefen is die tyd wat ek vir myself neem,” het Steyn gesê.

“Jy as vrou mag goed voel oor jouself en mooi lyk.”

Dié twee vriendinne se slagspreuk is: ‘Ordinary people can achieve extraordinary things.’

Hulle bid saam voor elke kompetisie.

Hulle moet sowat R80 000 insamel om in Spanje te gaan deelneem en belangstellendes is welkom om hulle finansieel te ondersteun.

Hulle het ook ‘n tombola-kompetisie en kaartjies kos R250. Die gelukkige wenner kan ‘n grimeersessie, haarsessie en fotosessie van haar keuse wen.

Skakel Van der Merwe by 082 528 6218 of as jy ‘n skenking wil maak, hul bankbesonderhede is: Discovery Bank, rekeningnaam: Done-Cheree Steyn, current account, rekeningnommer: 151 8620 2331 en takkode: 679 000.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button