Streeknuus

Akrobatiese danser verwerf Gauteng Noord-kleure

Sy is ’n student by ChaNic School of Dance en het in die afgelope paar weke haar Gauteng Noord-kleure in akrobate, akrobatiese gimnastiek en tuimel verwerf.

Zanica Grobler (12) van Laerskool Witpoort het vanaf 2 tot 16 Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir grimnastiek en akrobatiese gimnastiek deelgeneem.

Sy is ’n student by ChaNic School of Dance en het in die afgelope paar weke haar Gauteng Noord-kleure in akrobate, akrobatiese gimnastiek en tuimel verwerf.

Zanica het in al drie haar dissiplines gekwalifiseer vir die Gauteng-span om deel te kon neem aan die SA Nasionale Kampioenskappe.

Zanica Grobler by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap. (Foto verskaf)

Vanjaar is die eerste jaar wat sy kompeterend aan tuimel en akrobatiese gimnastiek deelneem.

Sy het onderskeidelik deelgeneem in ’n duet en ’n trio-dans saam het ander spanmaats.

Dié dansers het uitstekend op Suid-Afrikaanse Kampioenskap gevaar en ’n eerste plek vir hul duet op vlak 7 en ’n derde plek vir die trio op vlak 8 behaal.

Verder het sy ook sy ’n derde plek as akrobaat op vlak 9 behaal en is sy onder die top 10 in tuimel op vlak 5

Zanica Grobler glimlag breed met haar sertifikaat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button