Bronkies Rolbalklub kry B20-opleiding
B20-krieketballe, soos in ’n wedstryd van T20-krieket, word gespeel met ’n stel paaltjies wat in ’n raam ondersteun word om skade aan die setperk te voorkom en ’n puntekaart aan die oorkant van die setperk, waar lopies opgehoop kan word.
Bronkhorstspruit Rolbalklub het op Saterdag, 6 November, opleiding in B20 deur stigter, mnr. Tony Norris, ontvang.
Die klub het 10 aan die kursus deelgeneem het en die balle was behoorlik aan die rol.
B20-krieketballe, soos in ’n wedstryd van T20-krieket, word gespeel met ’n stel paaltjies wat in ’n raam ondersteun word om skade aan die setperk te voorkom en ’n puntekaart aan die oorkant van die setperk, waar lopies opgehoop kan word.
“Om die wedstryd te speel, word paaltjies en ’n puntemat aan weerskante van ’n aangewese baan op die setperk geplaas,” het mnr. John O’ Conell, die organiseerder, verduidelik.
Die wedstryd is in wese twee rolbalritte (drie spelers wat elk twee rolballe gebruik), maar dit kan ook as pare (twee spelers) gespeel word met drie rolballe elk.
Agt “boulbeurte” of 16 eindpunte maak ’n wedstryd.
’n Boulbeurt behels boulwerk na die “paaltjiekant” en dan na die “lopieskant” van die setperk.
Die idee is om ’n paaltjie te slaan, wat gelykstaande is aan twee lopies.
Aan die ander kant, waar jy jou bal op die kaart land, bepaal hoeveel lopies jy aangeteken het.
“Om lopies aan te teken moet jou rolbal bal stop op die mat wat verdeel is in 1,4 en b6 lopies” het mnr. John O’ Conell bygevoeg.
Aan die einde van die wedstryd word lopies en paaltjies getel en afhangend van hoeveel paaltjies jou span aangeteken het, word lopies van jou opposisie afgetrek.Die spanne wat met die meeste lopies eindig, is die wenners.
“Die klub beplan om die B20-krieket te gebruik vir oefening vir lede, maar ook om dit deel van ons sosiaale spel te maak,” het organiseerder mnr. O’ Conell laat hoor oor die vooruitsigte vir wat in die sport voorlê.
Daar is reeds in beplanning om vroeg volgende jaar ’n dorpliga te begin wat oop is vir enige span waarvan een span uit drie spelers bestaan.












