Streeknuus

Witties se saalperdruiter palm rosette in

“Ek wil graag eendag in my ooms se voetspore volg en self ook die Enkeltuig Groot Kampioenskap wen.”

Daniel Peck (12), ’n leerder van Laerskool Witpoort, het in Oktober aan die Sanesa Nasionale Kampioenskap vir Amerikaanse Saalperde in Parys vir die Gauteng A-span deelgeneem.

Hy ry met ’n perdekarretjie en het ’n tweede plek in die vlak 7 “Assisted Driving” en ’n viede plek in die vlak 1 “ In Hand Utility”-klas behaal.

Daar was ook daardie middag ’n ekstra aangebied deur “Supporters Classes” waarin Daniel met sy perd, Bold One, ’n eerste plek in “Assisted Driving” behaal het.

Onlangs het dié ruiter ook in Standerton aan die Saalperdskou deelgeneem en ’n eerste plek in die “Assisted Driving”-klas verower.

Daniel het so te sê op ’n perd se rug groot geword nes sy twee ooms, Arno en Jaco Venter wat ook oud-Witties is.

Dié ooms het verskeie groot kampioenskappe gewen en nou leef die perdry-liefde steeds voort.

Daniel het tydens sy eerste Suid-Afrikaanse skou in Bloemfontein ’n fratsongeluk gehad waar sy perd geskrik en reg agteroor op hom te lande gekom het.

Serdertdien presteer hy eerder in die perdekarretjie.

“Ek wil graag eendag in my ooms se voetspore volg en self ook die Enkeltuig Groot Kampioenskap wen.”

Vanjaar is sy derde jaar wat hy vir die Gautengspan aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deelneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button