Streeknuus

Vreugde in die kollig, dansers weer op die verhoog

Die afgelope twee jaar was nie altyd maklik met Covid-19 nie, maar ons bly dans.

Die dansers van Step up School of Dance kon na ’n lang droogte weer hul verskyning op die verhoog maak.

Soos met soveel ander bedrywe in die vermaaklikheidswêreld, is dans ook vir lank nie toegelaat te midde die Covid-19 inperking nie.

Vir die jong dansers was dit ’n groot terugslag en talent moes vir ’n lang tyd onderdruk word.

Ten einde laaste kon die dansers weer oefen en hul liefde vir hul passie en hul kuns bemeester en uitleef.

Groot opgewondenheid het agter die skerms geheers waar die dansers op Saterdag, 20 November vir ’n pragvertoning op die verhoog by die Springs Staatsteater verskyn.

Dansers van Delmas, Bronkhorstspruit, Sundra en Springs het die gehoor behoorlik bekoor.

Die vertoning was afgesluit met ’n prysuitdeling waartydens die dansers vir hul toewyding beloon is.

Die trofee vir Danser van die Jaar is aan die einde van die vertoning aan Ruby-Shea Wiese oorhandig.

“Ons is so trots op ons dansers wat so hard werk en altyd hulle beste gee. Die afgelope twee jaar was nie altyd maklik met Covid-19 nie, maar ons bly dans,” het me. Mary Ann Botes, die eienaar en ook afrigter van Step up School of Dance, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button