Streeknuus

Malita se inwoners vier vroeg Kersfees

Die inwoners was sommer baie ingenome met hulle geskenkies. Ek glo dat dit die bejaardes ten minste oor die Kerstyd iets sal gee om hulle mee besig te hou.

’n Weldoener uit die gemeenskap, me. Helena Biermann, het gesorg dat die seniors van Malita Aftreeoord sommer vroeg-vroeg al Kersfees vier.

Me. Biermann het, ná ’n lang en uitgerekte siekbed, begin met die stokperdjie, “Diamond Dots”.

“My gemoed was baie swaar en ek kon skaars loop nadat ek uit die hospitaal ontslaan is. My man het op ’n stadium by my aangekom met die Diamond Dots-ding.

“Ek was eers vies vir my man, maar die gogga het gou gebyt en vandaar af kan ek nie genoeg daarvan kry nie.

“Ek het besef dat dit tot my redding gekom het.”

Volgens me. Biermann, is dit ’n baie lekker stokperdjie wat ’n mens tuis kan beoefen en dit is baie ontspannend.

“’n Mens plak diamantés in verskillende kleure oor ’n genommerde prent en die eindproduk is pragtig. Daar is ook ’n groot verkeidenheid prente om van te kies.”

Me. Biermann het besef dat Malita se inwoners nie baie het om hul aandag af te trek van hul dag-tot-dag bestaan nie en dat daar boonop vir baie van hulle ’n lang en eensame feestyd voorlê.

Sy het toe ’n paar pakkette van Diamond Dots aangekoop en dit op Saterdag, 4 Desember aan die inwoners uitgedeel.

”Die inwoners was sommer baie ingenome met hulle geskenkies. Ek glo dat dit die bejaardes ten minste oor die Kerstyd iets sal gee om hulle mee besig te hou,” het me. Biermann gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button