Streeknuus

Liggiefees lok 1300 feesgangers na Rhino Park

Duisende liggies was opgesit en sowat 20 gereelde uitstallers was daar omdat die rëen ’n groot rol gespeel het.

Die Liggiefees is vanjaar by Rhino Park vir die eerste keer aangebied.

Daar was drie vertonings deur Carols by Candlelight, Jacques J Hollywood en Thabang.

Johan Anker het die fees by Oppi-Plaas se Kersmark afgeskop.

Die liggies, die kamele en die feestelike atmosfeer met almal se reaksies teenoor die liggies was ’n hoogtepunt van die fees wat van 27 November tot 5 Desember plaasgevind het.

“Die fees was een vir die boeke,” het me. Liza Welsh vertel.

Daar was 1 300 feesgangers wat die feesgronde plat gestap het en om elke hoek en draai vermaak is.

Duisende liggies was opgesit en sowat 20 gereelde uitstallers was daar omdat die rëen ’n groot rol gespeel het.

Daar was selfs ’n lugskou aangebied en die perseel was versier met Kersvaders en selfs ’n slee.

Heerlike kos, tuisgemaakte ingelegte kosse, oulike geskenke en aktiwiteite soos die go-karts, speletjies, ponieritte, kameelritte was alles beskikbaar vir die feesgangers.

Die Volle Evangelie Worship-span was ook betrokke.

“Ons het dit as ’n kans gesien om ons gemeenskappe op te bou en mense te bereik.

“Ons kan hande vat as verskillende gemeentes en kerkgroepe. Al die kerke in die Rayton- en Culilinan-omgewing het saam gestaan. Vir die eerste keer in die twee dorpe se geskiedenis kon ons dit reg kry om soveel kerke betrokke te maak.”

Die Rayton Christian Church, N.G. kerk en die Lewende Woord Kerk het almal hande gevat om dié geleentheid ’n sukses te maak.

The King’s daughters-dansgroep van Bronkhorstspruit en Rayton het ook deelgeneem.

“Kom wind of rëen ons het die Koningkryk gevier met musiek en dramaopvoerings. Past Shaun Alexander en ds. Chris Lotter het ook ’n kragtige boodskap gebring,” het me. Juanita Goosen, programorganiseerder, gesê.

“Die funksie se doel was om hoop te bring in ’n tyd waar mense so verwyderd van mekaar lewe weens al die inperkings en vir die kere wanneer funksies gekanselleer moes word, was dié fees een van die mees aangrypendste aanskouings.

“Ons wil vir mense sê die Christusfees wat voorlê in die Kersseisoen is gelyk aan hoop,” het me. Goosen laat hoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button