Streeknuus

Cecilia tooi Kersboom op met naaldwerk

“Dit is so lekker om die prentjie in my kop in iets werkliks te omskep.”

Met breipenne of agter ’n naaimasjien gee haar vingers lewe aan die prentjie in haar kop.

Me. Cecilia Snyman van Cullinan het haar selfgemaakte Kersboom van draad met oospronklik Kersboomversierings vir die feesgety opgetof.

Van kindsbeen af het sy al popklere vir haar poppe gemaak en op 21 het sy ’n naaimasjien by haar ma as geskenk gekry om vir haarself klere te maak.

Haar man het in tussen haar masjiene aangevul met ’n omkapper, ’n borduurmasjien en ’n breimasjien.

“Ek het verskillende naalwerkkursusse gedoen en daarna meestal klere en truie vir my gesin en vir ander mense gemaak.”

Sy het in 2016 die naald-en-garingliefde voltyds aangepak en haar droom om kinderklere te ontwerp en te maak, uitgeleef.

“As ek na materiaal of wol kyk, sien ek gewoonlik ’n prentjie in my kop van hoe die eindproduk moet lyk. Vir die somer maak ek rokkies en speelpakkies en vir die winter brei ek lekker dik truie en maak ek kombersbaadjies en -onderbaadjies.”

Haar ouma se brei-hande het haar geleer brei en haar moeder was ook altyd besig met ’n breipen.

“Ek het op skool my ma gehelp om blokkies vir ’n kombers te hekel en daardie kombers het vandag nog ’n ereplekkie op my bed.”

Me. Snyman maak ook graag sierkussings en versierings vir kinderkamers.

“Ek dink ek is nogal kreatief en het baie idees of prentjies in my kop, van daar ook die poging om Kersversierings te maak wat uniek en oorspronklik is.

“Ek geniet brei die meeste. Ek brei nou net met die hand en elke trui is uniek. Van die oorskietwol maak ek mussies en slaapsokkies.”

Brei en naaldwerk is vir haar ’n vorm van ontspanning en ’n manier hoe sy haarself kan uitbeeld op ’n kreaitewe manier en waar lap persoonlikheid kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button