Streeknuus
Malita se Bingo-vriende sluit die jaar op ’n gesellige noot af
Met ’n heerlike skaap op die spit kon hulle 2021 op ’n gesellige noot afsluit.
Die inwoners van Malita Aftreeord het hul eie Bingo-vriendekring op die been gebring.
Hier word saam gekuier, saam gesels en saam Bingo gespeel.
Weens die streng Covid-19 inperking kon die groep vriende nie hul jaar in 2020 behoorlik afsluit nie.
Vanjaar egter, het die lede op Saterdag, 27 November weer die voorreg gehad om by Malita Aftreeord se saal bymekaar te kom en met ’n heerlike skaap op die spit, kon hulle 2021 op ’n gesellige noot afsluit.
Mnr. William Harvey, inwoner van Malita Aftreeoord en kranige Bingo-deelnemer bedank elkeen wat bygedra het om van die middag so ’n groot sukses te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




