Streeknuus

Ysskaatsers dans vir Kansa

Skaatsers van die Rayton was deel van hierdie vertoning.

Evolution on Ice het met 21 skaatsers ’n geldinsameling vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) by The Grove se ysskaatsbaan in Pretoria op 5 Desember aangebied.

Skaatsers van die Rayton was deel van hierdie vertoning.

Die funksie het ontstaan toe Evolution on Ice met Kansa hande gevat het.

Meer as 13 borge het ingespring om die funksie ’n sukses te maak.

Musiekopvoerings het ook deel van die funksie gevorm en die Duitse ambasade het ook ’n toespraak gelewer.

Die genooide eregaste het 11 kankeroorwinnaars ingesluit.

“Die vertonings was alles emosionele vertonings gedenk aan Kansa,” het afrigter, me. Yolande Giering vertel.

Die “Relay For Life” was vanjaar die eerste keer op die ys aangebied.

Gewoontlik word dit dit gehou waar mense in spanne inskryf om deurnag te stap omdat kanker nie slaap nie.

Kansa staan bekend vir herdenk, onthou en veg terug.

Hierdie drie kategorieë was ook by die skaatsvertonings ingewerk.

Kansa het jaarliks vier nasionale projekte, die Shavathon, Cuppa For Cansa, Cansa Active en die Relay For Life, waarmee hulle ’n verskil wil maak.

Dit is vanjaar Pretoria se16de “Relay For Life”.

Dit is’n globale funksie wat in 31 lande gevier word.

“In Suid-Afrika regoor al die nege provinsies is daar 60 “Relay”-funksies jaarliks,” het me. Thea Silva laat hoor.

Enigeen wat betrokke wil raak, kan vir me. Silva kontak by 012 329 3036 of ’n epos stuur na tsilva@cansa.org.za.

Besoek Kansa se webtuiste by www.cansa.org.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button