Streeknuus

Diewe dra teerklip langs R104 by Bronkhorstspruit weg

“’n Mens kan sien op elke hoop is uitgegrawe soos hulle so bietjie-bietjie steel.”

Teerklipdiefstal sowat 1,5km buite Bronkhorstspruit op die R104 het die gemeenskap aan die gons.

Oogetuies beweer dat drie mans teerklip langs die pad steel en dit dan met ’n vragmotor wegry.

Die diefstal vind gereeld plaas volgens die inwoners wat naby die pad woon.

“Dit raak elkeen op die pad. Die teer is daar om ons pad reg te maak. Nou word dit gesteel.

“Die mense laai dit sommer op soos hulle wil,” het ’n vrou wat annoniem wil bly, gesê.

Bedags word daar in klein hoeveelhede weggedra. Drie hope is al só uitgehol.

“By JD Velddienste was daar eers klip opgelaai.

“Nou is dit die hele R104 wat hulle ry en oplaai.

“’n Mens kan sien op elke hoop is uitgegrawe soos hulle so bietjie-bietjie steel.”

Daar word beweer dat die Departemente van Vervoer en Openbare Werke die teerklip aan die einde van die verlede jaar daar afgelaai het met die doel om die pad te herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button