Streeknuus

Jane Wallace van Bronkhorstspruit skep blommeprag uit papier

Haar grootste inspirasie is egter 'n haweloose man wat skoene gemaak het en hoewel sy nie in sy skoene kon loop nie, het sy wel sy gevoel teenoor die materiaal verwonder.

Me. Jane Wallace van Bronkhorstspruit maak kuns uit papier en bring die mooi uit op overwagte plekke.

“As kind het ek met modder, blaartjies, stokkies en toiletpapier gespeel. Die teksture en die feit dat mens meer daarvan kan maak wat nie noodwendig allerdaags is nie, het my aandag getrek.”

Haar aanvoeling vir verf en om potensiaal te vind het sy van kindsbeen af al in haarself ontdek.

Sy verkies om blompatrone uit papiere te vou, dit te verf en op te doen dat dit soos ruikers vertoon.

Dit is vir haar ‘n daaglikse stokperdjie waarin sy genot vind. Haar kreatiewe oog sien blomme uit ‘n bleek stukkie papier opkom.

Me. Jane Wallace. (Foto: Verskaf)

Me. Wallace se benadering tot kuns is lewe en groei.

“Nes die papier naak en een-demensioneel op die werkstafel lê, is daar tog ‘n drie-demensionele voorwerp wat daarin gebêre is en dit is wat ek na vore bring.”

Kuns skep ‘n gevoel van rustigheid by haar, dus is al haar werke ook pastel en vrolik, juis omdat sy die roos wil skep wat sonder reuk ‘n geur in elke vertrek afgee.

“Dit is vir my meer as ‘n gevoel. Dit is ‘n boodskapper.”

Sy voel in die blomme is waar sy haarself uitbeeld omdat blomme aan mense gegee word as ‘n spesiale bederf.

Me. Jane Wallace hou van teksture en bring kleur navore wat diepte skep. (Foto: Verskaf.)

Haar grootste inspirasie is egter ‘n haweloose man wat skoene gemaak het en hoewel sy nie in sy skoene kon loop nie, het sy wel sy gevoel teenoor die materiaal verwonder.

“Die feit dat hy wat niks het om te bied nie steeds die insig het om iets te sien in wat mense as afvalmateriaal beskryf, is wat my altyd sal by bly.”

Sy glo kuns is iets waarmee mens gebore is maar tog ook elemente het wat ontwikkel kan word.

“Hoe meer ‘n mens kuns maak waarvan mens hou, hoe beter raak jy daarmee.”

Me. Wallace glo die passie wat sy vir haar kunsvorm het, is meer as net ‘n emosie.

“Dit is sekere elemente van die natuur of jou omliggende omgewing, iets wat jy hoor, en iets wat jy sien wat op daardie spesifieke oomblik die passie uitbring.”

Me. Jane Wallace hou van teksture en bring kleur navore wat diepte skep. (Foto: Verskaf.)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button