Streeknuus
Cullinan Boeremark lok besoekers
Die volgende Boere Mark is komende naweek, 5 en 6 Maart, op dieselfde plek met dieselfde gevoel.
Die Cullinan Boeremark het Cullinan se inwoners laat gons in Oak Laan op Saterdag, 26 Februarie.
Daar was 50 uistallers wat verskeie handgemaakte produkte uitgestal het.
Om elke hoek en draai was daar oorspronklike en buitegewone konsepte soos die pottebaker van Rayton wat Culinan in haar klei vorm, sowel as die smid wat homself as ’n kunstenaar beskryf.
Daar was honderde feesgangers wat ingestroom het om tussen Jakarandas die hart van Cullinan te ervaar.
Die mark het oor ’n tydperk van twee dae gestrek.
Die volgende Boeremark is komende naweek, 5 en 6 Maart, op dieselfde plek met dieselfde gevoel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!









