Streeknuus

Ons Herberg bied potjiekoskompetisie aan

“Potjies aan die kook maak harte vol”

’n Potjiekoskompetisie het weer ná 11 jaar by Ons Herberg plaasgevind.

Daar was drie potjies aan die kook en die aroma van geure het op Vrydag, 25 Februarie, in die lug gehang.

Danie Kruger en Elias Maseko is vanjaar se wenners en voormalige wenners, Lourens du Plessis en ds. Pieter van Wyk, het die tweede prys ingeplam.

Die potte is aan die prut.

Die eerste kompetisie het in 2004 plaasgevind en die trofee is destyds deur ouderling Lou Smit van die Gereformmerde Kerk in Bronkhorstspruit geskenk.

Die kompetisie was tot in 2010 ’n jaarlikse instelling.

Om een of ander rede is die kompetisie nooit weer gehou nie totdat dit nou weer aangebied is.

Toni en Wim Lombard van die AP Kerk in Bronkhorstspruit met hulle hoenderpotjie.

“Hier moet Gerda se naam pertinent genoem word omdat sy ’n groot aandeel gehad het in die herlewing van die geleentheid,” het Lourens du Plessis laat hoor.

Niemand het meer geweet van die trofee nie en die trofee was in besit van die Gereformmerde Kerk wat die laaste kompetisie in 2010 gewen het.

“Ons het die trofee se bestaan onder die organiseerders se aandag gebring en dit ook weer terug gegee. Ons is verseker dat dit weer ’n jaarlikse instelling sal wees,” het Du Plessis afgesluit.

“Daar was soveel mense wat die dag moontlik gemaak het. JVR security vir die borggeld, Varia Glas se kontant bydrae, B H S Grassnyerdienste/Power Products, Pick & Pay se Wikus vir die groente vir die beoordelaar, Speeks motors en Hi-Q se bydrae, sowel as Reinetten Prinsloo en George Prinsloo vir hulle beoordeling vir die dag.

Die trofee geskenk deur ouderling Lou Smit van die Gereformmerde Kerk in Bronkhorstspruit.

Ons Herberg waardeer dit opreg,” het organiseerder Gerda van Rooyen laat hoor.

Die wenners van vanjaar se Ons Herberg Potjiekoskompetisie is (voor) Danie Kruger en Elias Maseko. Agter is past. Pieter Uys en Gerda van Rooyen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button