Afrikaans mees gebruikte en verstane taal

Die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale in Suid-Afrika, gee verdere geleenthede vir inheemse tale.

Mnr. Japie Gouw, besturende direkteur van die ATKV-groep het op Taaldag gesê Afrikaans is een van die mees gevestigde tale op talle gebiede in Suid-Afrika en die toegeneentheid teenoor die taal groei van dag tot dag.

Die 2011-sensus het bevestig dat Afrikaans ‘n wesentlike deel van die bevolking se moedertaal is.

Dit toon verder aan dat Afrikaans een van die mees gebruikte en mees verstane tale onder alle bevolkingsgroepe is.

Die ATKV se taalprojekte en inisiatiewe die afgelope jaar bevestig die talle geleenthede wat daar vir Afrikaans bestaan.

Deelname van tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans groei jaarliks, in projekte soos die ATKV-Spelathon, wat deel is van die Afrikaanse Spelfees, in samewerking met die SA Akademie.

Verder was die meertaligheidsprojek op die Soweto-kampus van die Universiteit van Johanne ‘n sukses.

Die ATKV se talle ander taalprojekte in skole dwarsoor die land en in Namibië, gaan ook van krag tot krag.

Die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale in Suid-Afrika, gee verdere geleenthede vir inheemse tale.

Dit is egter jammer dat baie staatsdepartemente en semi-staatsinstellings, op wie die wet van toepassing is, bitter min vordering toon met die implementering daarvan.

“Die ATKV is tans in gesprek met die parlementêre komitee en verskeie politieke partye oor die aangeleentheid,” het mnr. Gouws gesê.

“Die ATKV beskou tale en kulture as ideale instrumente om nasiebou te bevorder en om goeie en opbouende goed in Suid-Afrika te laat gebeur.

“Almal moet hand in eie boesem steek om geleenthede te skep en te benut om dit te laat gebeur.

” Koop ‘n boek vir jouself of as geskenk, leer ‘n inheemse taal aan en lees stories vir jou kinders en kleinkinders.

” Moenie tydskrifte, koerante of boeke weggooi nie, gaan gee dit by ‘n skool of kleuterskool of ouetehuis af,” het mnr. Gouws ook gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button