EntertainmentLifestyle

Wieleskou gaan stof opskop

Daar is baie om oor opgewonde te wees oor vanjaar se Wieleskou.

SECUNDA – Die wiele is weer aan die rol vir vanjaar se Wieleskou.

Die pret begin reeds op 19 Mei vanaf 6nm wanneer die publiek van die rally-motors by Secunda Toyota kan besigtig.

Die Wieleskou vind op 21 en 22 Mei by Graceland plaas en besoekers kan weer uitsien na die Supadrift Drifting-motors wat jaarliks eerste op baie avontuurlustiges se lysie is.

Motorfietse gaan ook vanjaar toertjies doen.

FMX-Stunt Bikes gaan wys hoe ’n wawiel met ’n motorfiets in die lug gemaak word.

Secunda Rally gaan stof op die renbaan opskop aan die oorkant van Graceland.

Oud en jonk sal dié item op die program geniet.

Daar sal weer stalletjies in die arena en buite wees en springkastele vir die kinders.

Die biertuin sal ook weer oop wees.

Motorhandelaars gaan met motors wat te koop is, spog en Secunda Rally gaan Vrydagaand vanaf 5.30nm die gehoor vermaak.

Die skou begin Vrydag van 2nm tot 8nm en Saterdag van 9vm tot 5nm.

Kaartjies sal by die hek te koop wees.

Skakel Jackie by 082 460 8678.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button