Leticia steeds stabiel

Leticia kort steeds baie geld om te help om hospitaal omkostes te betaal.

BETHAL – Me. Leticia Nel is stabiel nadat sy op 4 Junie ’n tweede hartoorplanting ondeergaan het.

Dokters het een van die pasaangeërs verwyder om te kyk of haar hart daarsonder kan klop.

Die hart het goed gewerk, hoewel die pasaangeër weer later ingesit is omdat sy moeg geword het.

Haar bloeddruk bly meestal stabiel en sy beweeg al haar oë en het hulle nou en dan bietjie oopgemaak.

Die eerste oorplanting was onsuksesvol omdat daardie hart moontlik beskadig was.

Daar was ook komplikasies tydens die eerste operasie en me. Nel moes bloedoortappings kry.

Boodskappe van me. Nel se man, mnr. Jurgens Nel, tussen 16 en 20 Junie lui: “Dokters is baie verbaas dat Tish soveel beter doen as wat hulle verwag het.

“Hulle sê ons moet nie moed opgee nie, sy is ’n vegter en ons moet aanhou bid.

“Hulle het vandag haar hande en voete versorg en selfs naellak aan haar naels gesit.

“Sy het nog altyd mooi na haar naels gekyk en daarvan gehou om haar eie naels te doen.”

’n Vriendin reël tans ’n dans om geld in te samel om die koste van die hartoorplanting te betaal.

Bykans R100 000 word benodig.

Die Nederduits Hervormde Kerk op Morgenzon het ook ’n rekening oopgemaak waarin mense geld kan betaal.

Die dans is die Boere-opskop op die Bult ten bate van Leticia Nel.

Toegang kos R50 per persoon en die dans word op 24 Junie in die Morgenzon Landbou-Akademie se seunseetsaal gehou.

Vleispakkies sal te koop aangebied word en eie drinkgoed is welkom.

Die rekeningnommer waarin geld betaal kan word, is:

Nederduits Hervormde Kerk, Morgenzon, rekeningnommer 6202 6426 131, verwysing Leticia.

Vir meer inligting, skakel Thea Smal by 079 056 9321 of Pierre Venter by 071 534 0576.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button