Breaking News

Een dood, drie ernstig beseer in gru-ongeluk

Twee van die motorvoertuie het van voor teen mekaar gebots waarna een van die motors teen ’n aankomende vragmotor geslinger is.

Maandag 5 September:

Een mens is vanoggend dood en drie ander ernstig beseer in ’n gru-ongeluk op die N2 tussen Ermelo en Piet Retief.

Die ongeluk waarin drie ligte motorvoertuie en ’n vragmotor betrokke was, het kort ná 07:00, sowat agt kilometer buite Ermelo gebeur.

Twee van die motorvoertuie het van voor teen mekaar gebots waarna een van die motors teen ’n aankomende vragmotor geslinger is.

Die bestuurder van dié motor is op slag dood terwyl drie passasiers ernstig beseer is. Die toestand van die beseerdes is op dié tydstip nie bekend nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

IMG_4824
Die bestuurder van dié voertuig is ongedeerd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button