FeaturesHolidayLifestyle

Rolo Kolwyntjies

Lewer 36 kolwyntjies en 25 minute om voor te berei.

Lewer 36 kolwyntjies en 25 minute om voor te berei.

Gaarmaaktyd 15 minute.

250 ml (1 k) melk

90 ml (6 e) kakao

250 ml (1 k) olie

8 eiers

500 ml (2 k) strooisuiker

10 ml (2 t) vanieljegeursel

875 ml (3½ k) koekmeel

20 ml (4 t) bakpoeier

Knippie sout

200 g (4 x 50 g-stafies) Rolosjokolade

45 ml (3 e) room (opsioneel)

Versiersel

250 ml (1 k) room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

Ekstra Rolo-sjokolade

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vul die holtes van muffinpannetjies met papierbakkies.

Kolwyntjies

Verhit die melk en roer die kakao by tot goed gemeng.

Roer die olie by.

Klits die eiers en strooisuiker tot lig en dik en klits die vanieljegeursel by.

Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel.

Meng in. Skep die papierbakkies driekwart vol.

Bak sowat 15 minute tot ferm in die middel.

Sny ’n tonneltjie in die middel van elk.

Behou die uitgesnyde stukkies koek.

Smelt die sjokolade en room.

Skep ’n bietjie in die holte.

Plaas die koekstukkies terug.

Versiersel

Klits die room styf en vou die karamelkondensmelk by.

Smeer oor die kolwyntjies.

Rond af met ekstra stukkies sjokolade indien verkies.

Jy kan ook die Rolo-stukkies binne-in elke kolwyntjie druk voor jy dit bak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button