Heerlike Kersfeeskoekies
Bros klapper- en amandel hawermoutkoekies Fotos en resep deur: San-Marié Cronjé Benodigdhede: 250ml (1 k) sagte botter 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker 2 eiers 8 ml (½ e) vanieljegeursel 3 ml (½ t) koeksoda Knippie sout 250 ml (1 k) koekmeel 560 ml (2¼ k) hawermout 375 ml (1½ k) klapper 180 ml (¾ …

Bros klapper- en amandel hawermoutkoekies
Fotos en resep deur: San-Marié Cronjé
Benodigdhede:
250ml (1 k) sagte botter
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
2 eiers
8 ml (½ e) vanieljegeursel
3 ml (½ t) koeksoda Knippie sout
250 ml (1 k) koekmeel
560 ml (2¼ k) hawermout
375 ml (1½ k) klapper
180 ml (¾ k) heel amandels of gevlokte amandels
Metorde:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Voer ’n bakplaat met waspapier uit of smeer die bakplaat met botter en strooi meel oor.
– Room die botter en suiker tot lig en donsig.
– Voeg die eiers een vir een by en meng goed.
– Meng die vanielje, koeksoda en sout by.
– Meng die meel, hawermout, klapper, sjokolade en amandels by die eiermengsel.
– Skep die beslag in die bakplaat en druk plat tot 1 cm dik.
– Druk ‘n mes in kook water en sny die beslag in blokkies.
– Druk die mes kort kort in die kook water sodat dit maklik deur die beslag kan sny.
– Bak vir 15-20 minute tot goudbruin.
Laat heeltemal op afkoelrakkie afkoel.











