EntertainmentLifestyle
[GALERY] Perde is in die kollig by die Secunda Landbouskou 2018
Dié skou is op die plaas Genade Vlakspruit Stoet van mnr. Gert Kotze aangebied. Daar is geskou met boerperde, saalperde en Friesperde en ruiters het in verskeie afdelings ingeskryf, van gewone ruiterkuns tot vierperdkarretjies.

SECUNDA – Die tweede Secunda Landbouskou het die naweek van 26 tot 28 April die aandag op perde en ruiters gevestig. Dié skou is op die plaas Genade Vlakspruit Stoet van mnr. Gert Kotze aangebied.
Daar is geskou met boerperde, saalperde en Friesperde en ruiters het in verskeie afdelings ingeskryf, van gewone ruiterkuns tot vierperdkarretjies.
Die organiseerders beplan ’n moontlike skou vir September.




