Bethal Rolbalklub heropen en bied rolbaldag aan

Verskeie spanne meet kragte by rolbaldag op Bethal.

BETHAL – Plaaslike rolbalspelers het Saterdag, 12 Mei die amptelike opening van Bethal Rolbalklub bygewoon.

Dié klub is in 1985 gestig, maar het ses jaar gelede tot niet gegaan.

Mnr. Bertie Erasmus het sowat 18 maande gelede besluit om dié klub weer oop te maak en het met die voorbereidings begin.

Die president van die 2017 B2 wêreldkampioen vir blinde mansspelers, Jaco van Straaten, het die klub amptelik geopen en die lint geknip.

Daar was R15 000 se pryse op die spel en skilderye is ook opgeveil.

Kyk ook: [VIDEO] Bethalrolbalspelers haal uit en wys

Die Bethal-juniorspan het die dag gewen en ses punte aangeteken, die Vrede-span het tweede geëindig met ses punte, die Kort Porra-span van eMalahleni (Witbank) het derde geëindig met vier punte, die Blouspan van Groblersdal het vierde geëindig met vier punte en die Rock & Rollspan van Ermelo het vyfde geëindig.

Belangstellendes is welkom om by Bethal Rolbalklub aan te sluit.

Oefentye is Woensdae, Saterdae en Sondae vanaf 3nm.

Vir meer inligting, skakel mnr. Erasmus by 074 888 4379.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button