EntertainmentLifestyle

Kerk nooi mense na Geloftefees buite Charl Cilliers

Belangstellendes kan kamp by fees

CHARL CILLIERS – ‘n Geloftefees vind vanaf Vrydag, 14 Desember tot Maandag, 17 Desember by die Grootfontein Feesterrein naby Charl Cilliers plaas.

Belangstellendes is welkom om dié fees by te woon en kan vir die naweek op die kampterrein kamp.

Me. Nicky Boshoff, een van die organiseerders, het gesê die ledevergadering begin Saterdag om 8.30vm en om 10vm vind boeresport plaas.

Daar gaan ook ‘n kunswedstryd wees en worsbroodjies sal te koop aangebied word.

Mnr. Koos Boshoff gaan Sondag die biduur lei wat om 7vm begin en ds. Martin Jordaan gaan die erediens lei wat om 10vm begin.

Sondag gaan ‘n perdekommando, vlaghysing en kranslegging plaasvind en dr. Pieter Mulder gaan die feesrede lewer en praat oor die geskiedenis.

Belangstellendes wat nie kamp nie, kan die fees net vir die dag besoek en saam fees vier.

Om kampplek te bespreek, skakel mnr. Ben van der Merwe by 083 578 8261 of mnr. Dawid Theron by 084 504 2376.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button