EntertainmentLifestyle
Sieraad vir As Bedieninge bied gratis vroue-oggend aan op Bethal
Past. Callie Joubert en mnr. Joe van den Berg is sprekers
BETHAL – Die Countrysanger en spreker, me. Dalene Genis, bied Saterdag, 8 Desember ‘n vroue-oggend by haar huis op Bethal aan.
Toegang is gratis en enige vrou is welkom om dié geleentheid by te woon.
Past. Callie Joubert gaan die vroue bedien en mnr. Joe van den Berg, wat ‘n profetiese bediening het, gaan ook dié dag daar wees.
Die oggend begin om 10vm en ligte verversings gaan bedien word.
Me. Genis is van Sieraad vir As Bedieninge en haar fokus is daarop om gebrokenheid te herstel.
Vir meer inligtig, skakel haar by 082 618 5011.




