EntertainmentLifestyle

Ermelo skou komitee nooi belangstellendes om vir kontrakte te tender

Vorms vir die tenders sal vanaf Dinsdag, 15 Januarie by die skoukantoor beskikbaar wees.

Die Hoëveld Landboufees se komitee nooi alle belangstellendes om vir uitstaande kontrakte te tender.

Tendervorms is vanaf Dinsdag, 15 Januarie by die skoukantoor beskikbaar.

Die kontrakte wat beskikbaar is, is vir die skoonmaak van die terrein en skoonmaak van die toilette en die restaurant.

Die skoukomitee beloof groot opwinding vir oud en jonk by vanjaar se skou en skougangers kan uitsien na top gehalte kunstenaars.

Die Ermelo skou vind 7 tot 9 Maart plaas.

Franja en Jay sal Donderdag, 7 Maart die skougangers vermaak, terwyl Lea en Adam Vrydag, 8 Maart die verhoog sal deel.

Refentse en Appel sal die skou naweek Saterdag, 9 Maart op ‘n hoë noot afsluit.

Toegang beloop R30 pp vir skoliere en R60 pp vir volwassenes. Voorskoolse kinders wat vergesel word deur ouers sal gratis toegang kry.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button