EntertainmentLifestyle

PJ, Shoneill en Chantelle tree binnekort op ten bate van WH Nel

WH sterk tuis aan op Kriel

SECUNDA – Verskeie sangers wat PJ Pretorius, Shoneill en Chantelle Pienaar insluit, tree Saterdag, 6 April by Eish!! Restaurant op, ten bate van WH Nel.

WH, ‘n tienerseun van Kriel, sterk tans by sy ouerhuis aan nadat hy op 4 Mei sy eie lewe probeer neem het.

Hy is met ‘n skietwond aan die kop in sy ouerhuis gevind.

WH was lank in die hospitaal en rehabilitasiesentrum en is die afgelope naweek ontslaan.

Hy gaan voltydse versorging benodig asook buisvoeding, daaglikse skoon beddegoed, lyfroom en doeke.

Sy ouers se mediese fonds dek nie al dié uitgawes nie daarom het sy vriende en familie ‘n geldinsamelingsgeleentheid by Eish!! Restaurant gereël.

Toegang beloop R100 per persoon en begin om 5nm. Vir meer inligting, of om ‘n kaartjie te koop, skakel 079 138 0076.

Lees WH se storie hier:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/133276/wh-nel-kan-binnekort-huis-toe-gaan-na-weke-rehabilitasiesentrum/

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button