EntertainmentLifestyle

Evangelis en krokodilboer Rooies Strauss preek by Evander Herlewingsentrum vir Paasfees

Almal is welkom om dienste vanaf 19 tot 21 April by te woon

EVANDER – Die evangelis, past. Rooies Strauss, is die spreker by die Evander Herlewingsentrum se Paasfees wat vanaf 19 tot 21 April by die kerk plaasvind.

Past. Strauss is ‘n krokodilboer van Groblershoop in die Noord-Kaap en pastoor op Kruiskyk Televisie.

Belangstellendes is welkom om dié dienste wat op Goeie Vrydag (19 April) om 9vm en 6nm plaasvind, by te woon.

Die oggenddiens op Vrydag, 19 April sal ‘n nagmaaldiens wees.

Past. Strauss sal weer op Saterdag, 20 April om 6nm tydens die aanddiens preek en Sondag, 21 April om 9vm tydens ‘n nagmaal- en opstandingsdiens.

Enige iemand is welkom om die Paasfees by die Evander Herlewingsentrum wat op die hoek van Bram Fischer en Toulousestraat op Evander geleë is, by te woon.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button