EntertainmentLifestyle

Baie te sien en te doen by Oosterland se komende Wieleskou

Toegang na die Wieleskou beloop R70 per volwassene en R30 per kind

SECUNDA – Besoekers aan vanjaar se Oosterland Wieleskou kan uitsien na die tradisionele en nuwe vermaak op 25 Mei.

Die jaarlikse skou vind weer by Graceland Casino, Hotel en Buiteklub plaas.

‘n Nuutjie op vanjaar se skou is beslis die Rock Crawlers wat monde sal laat oophang.

Daar is ook ‘n moontlikheid dat Monster Trucks ‘n vertoning gaan kom aanbied.

Van die top plaaslike fietsryers gaan vanjaar aan ‘n vier uur-lange spinathon deelneem om geld in te samel.

‘n Armdrukkompetisie word die dag deur die South African Arm Wrestling Federation gehou.

Die kompetisie begin om 10vm maar deelnemers kan reeds vanaf 9vm oefen. Vir meer inligting, skakel vir Ryno by 071 370 0355.

Vanjaar gaan die veteraanmotors nie net blink gepoets en uitgestal word nie.

‘n Wedren vir veteraanmotors word ook beplan waartydens die veteraanmotors items vir liefdadigheid op verskeie punte moet oplaai.

Die organiseerders maak vanjaar voorsiening vir ‘n kattebak-verkoping. Jy kan dus van jou witolifante hier ontslae raak en dit teen R200 per kattebak uit te stal.

Skakel vir Donné by 076 371 0445 om ‘n kattebak te bekom of om ‘n ander uitstalruimte te bespreek.

Nicholas Harries van Ultimate4wd.aftrica gaan vanjaar die 4×4-hindernisbaan bou en die byeenkoms hanteer.

Die bestaande aktiwiteite wat weer gaan plaasvind, sluit die rolstoel-uitdaging in waar ondernemings mekaar die stryd kan aansê, verskeie motor-uitstallings en demonstrasies, en ‘n klankkompetisie.

Die soeke na Mej., Mnr. en Mev. Wieleskou 2019 word deur Alla Modelling and Beauty Company aangebied ten bate van Hope for Paws, ‘n niewinsgewende organisasie vir dierewelsyn.

Skakel vir Allison by 072 697 0474 of stuur ‘n epos na allisoncronje234@gmail.com om in te skryf.

Toegang na die Wieleskou beloop R70 per volwassene en R30 per kind.

Die hekke maak reeds om 8vm oop.

Vir meer inligting oor die Wieleskou en die aktiwiteite, besoek die Wieleskou se Facebook-bladsy.

Die Taco Kombi sal een van die kosverkopers op die Oosterland Wieleskou wees.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button