EntertainmentLifestyle

Hoërskool Oosterland se Wieleskou by Graceland trek baie mense

Skou samel geld vir drie instansies in vir behoeftiges

SECUNDA – Daar was vermaak en stalletjies om van te kus en te keur die afgelope naweek by Hoërskool Oosterland se Wieleskou wat by Graceland Casino, Hotel en Buitelugklub plaasgevind het.

Me. Liné de Vries, organiseerder van die skou, het gesê dit was ‘n reuse sukses en hulle het geld vir Marietjie Skool, Hoërskool Oosterland se fonds vir behoeftige kinders en die Kosmos Kriel Kinderhuis ingesamel.

Die geld wat met die Spinathon ingesamel is, waar 10 fietsryers vir vier ure aanmekaar gery het, gaan aan Marietjie Skool geskenk word.

Die 10 fietsryers het sowat 728km afgelê.

Een van die 4×4 Rock Crawlers in aksie op Saterdag, 25 Mei by Hoërskool Oosterland se Wieleskou.

Die PDPS-span het die rolstoelresies gewen en die geld wat met dié resies ingesamel is, gaan aan Oosterland se fonds vir behoeftige kinders geskenk word.

Die derde geldinsamelingsgeleentheid en vorm van vermaak en avontuur, was die resies deur die dorp waartydens motoriste aan ‘n skattejag en resies kon deelneem.

Die geld wat hiér ingesamel is, sal aangewend word om lekkergoedpakkies en speelgoed te koop vir die kinders in die Kosmos Kriel Kinderhuis.

Me. De Vries het gesê die kosstalletjies was baie gewild en die kos was vroeg reeds uitverkoop.

Die 4×4 Rock Crawlers wat vanjaar vir die eerste keer by die Wieleskou was, het ook groot aftrek gekry en daar was ‘n waglys van mense wat vir ‘n rit in dié 4×4-voertuie wou gaan.

Jaco van Vuuren en Janika Smit neem op Saterdag, 25 Mei aan die Spinathon by Hoërskool Oosterland se Wieleskou deel.
Skougangers bekyk die voertuie wat op Saterdag, 25 Mei by Hoërskool Oosterland se Wieleskou uitgestal is van naby.
Modelle neem op Saterdag, 25 Mei aan die modelkompetisie by Hoërskool Oosterland se WIeleskou by Graceland Casino, Hotel en Buitelugklub, deel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button