EntertainmentLifestyle
Ondersteun Marietjie Skool se stalletjie by Wintermark Saterdag
Drie gelukkige besoekers aan Marikie se Kofikan sal bederf word met ’n geskenkbewys.

Die personeel van Marietjie Skool het die gemeenskap aangemoedig om hul stalletjie, Mariki se Kofikan, op Saterdag, 15 Junie by Curro Secunda se Wintermark, te ondersteun.
Me. Annaretha Fourie van Marietjie Skool, het gesê daar gaan allerlei lekkernye wat wortelkoek en sjokoladekoek onder andere asook broodjies, quiche, pannekoek, melktert, souttert, kaaskoek en drinkgoed insluit, beskikbaar wees.
Die mark begin om 10vm en sal duur tot 3nm.
Drie gelukkige besoekers aan Marikie se Kofikan sal bederf word met ’n geskenkbewys.




