EntertainmentLifestyle

Kinross Jeugweek beloof pret en vermaak vir alle kinders

Kostes sluit vervoer, kos en kunsbenodighede in

KINROSS – Die N.G. Kerk op Kinross bied vanaf Maandag, 24 Junie tot Sondag, 30 Junie weer hul jaarlikse Jeugweek vir laer- en hoërskoolleerders aan.

Die verrigtinge begin daagliks om 8.30vm by die kerk en duur tot 2nm.

Daar is vervoer beskikbaar vanaf Secunda vanaf Maandag tot Saterdag.

Die N.G. Kerk op Kinross se Jeugweek is jaarliks ‘n groot sukses met kinders van alle ouderdom of kerk wat dit bywoon.

Die kinders geniet hulself en neem aan verskeie aktiwiteite deel.

Die kinders neem ook aan ‘n konsert of opvoering by die Jeugweek deel en kry ook die kans om hul kuns en aktiwiteite buite te beoefen.

Vrydagaand gaan die kinders die konsert wat hulle deur die week geoefen het, om 6nm by die kerk opvoer en ouers is dan welkom om te gaan kyk.

Die Saterdag-pret vind op Saterdag, 29 Junie vanaf 8.30vm tot 2nm by die kerk plaas. Die jeugweek word op Sondag, 30 Junie ampetlik afgesluit deur die jeugdiens vanaf 9vm tot 10vm.

Kostes is R250 per kind vir die week en sluit vervoer vanaf Secunda of Evander, etes, kunsbenodighede en Saterdag-pret in.

Vir meer inligting, skakel me. Petro Duvenhage by 071 686 1300 of me. Estelle Coetzer by 017 687 2117 of 082 412 0196 of stuur ‘n e-pos na petroduvenhage123@gmail.com.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button