Maak gereed vir ’n groot sang en musiekfees
NG Moedergemeente se tradisionele biltongaand word vanjaar op 23, 25 en 26 Julie, met ’n koor- en musiekfees op 23, 25 en 26 Julie gekombineer

BETHAL – NG Moedergemeente se tradisionele biltongaand word vanjaar op 23, 25 en 26 Julie, met ’n koor- en musiekfees gekombineer.
Die Hoëveld Koorfeesweek sal plaaslike volwasse- en ook laer- en voorskoolse kore die kans gun om voor ’n gehoor op te tree.
Vanjaar se fees gaan anders daarna uitsien omdat jong opkomende sangers en Country-sangers ook sal optree.
Dié fees skop Dinsdag, 23 Julie om 6.30nm met Laerskool Martietjie van Niekerk se voorskoolse koor af.
Dié uitvoering sal met kore van Laerskool Oranjegloed, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Secunda en Laerskool Marietjie van Niekerk volg.
Wonderland Kleuterskool se voorskoolse koor tree Donderdag, 25 Julie op.
Later dié aand tree die kore van Laerskool HM Swart, Laerskool Trichardt, Laerskool JJ van der Merwe, Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoërskool Standerton op.
Dennis East, Billy Forest en Dalene Genis sal ’n spogvertoning Vrydag, 26 Julie saam met nog kore lewer.
Hier kry die gehoor ’n kans om die Hoëveldrif-streekkoor te aanskou.
Die plaaslike Bethal Volwassekoor maak deel uit van die vertoning.
Vir slegs R180 per persoon kan jy musiek, kore, biltong, sop, sjerrie, wyn, brood en versnapperinge geniet.
Kaartjies kan teen R30 per persoon vir 23 en 25 Julie se vertonings gekoop word.
Vir meer inligting of om kaartjies te bespreek, skakel Madelein by die kerkkantoor van 8vm to 1nm by 017 647 2503.
Mnr. Jannie Viljoen kan ook by 084 524 2952 geskakel word.



