EntertainmentLifestyle

Geniet ’n helikopterrit in Bethal by GPF se #Pretfees

Geniet ’n dag vol vermaak, veteraan motors, helikopter ritte en speletjies saam met die GPF-lede.

BETHAL – Die gemeenskapspolisieëringsforum (GPF) nooi almal uit om hul Pretfees op 31 Augustus van 8vm by Hoërskool Hoogenhout mee te maak.

Geniet ’n dag vol vermaak, veteraan motors, helikopter ritte en speletjies saam met die GPF-lede.

Die polisie se honde eenheid gaan ’n reddingsvertoning doen en jy kan selfs skouer met plaaslike brandweermanne en paramedici skuur.

Radio Kragbron sal vanaf die fees uitsaai.

Plaaslike sangers, mode parade, trompoppies, boeresport en selfs ’n potjiekoskompetisie sal lekker saam kuier en vermaaklikheid vir almal verseker.

Uitstallers kan die geleentheid aangryp om hul produkte uit te stal.

Vir stalletjie besprekings skakel Debbie by 062 1869 479.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button