EntertainmentLifestyle

Geniet ‘n wyntjie in die tuintjie by Lake Umuzi

"Vanjaar is die vyfde jaar en ons strewe daarna om etlike Suid-Afrikaanse wyne na die gemeenskap van Secunda en omliggende omgewing te bring. Vanjaar voeg ons 'n EduTent by, waar menige wynkenners inligting beskikbaar sal stel vir die wat hul kennis oor wyn wil verbreed," het me. Rolin Booysen, Lake Umuzi se bemarker, gesê.

SECUNDA – Dit is wéér tyd om die glasies te laat klink tydens vanjaar se Wyn Inni Tyn wynfees wat jaarliks by Lake Umuzi in Secunda aangebied word.

Die eerste Wyn Inni Tyn was in 2015 aangebied en jaarliks word nóg ‘n landgoed bygevoeg.

“Vanjaar is die vyfde jaar en ons strewe daarna om etlike Suid-Afrikaanse wyne na die gemeenskap van Secunda en omliggende omgewing te bring. Vanjaar voeg ons ‘n EduTent by, waar menige wynkenners inligting beskikbaar sal stel vir die wat hul kennis oor wyn wil verbreed,” het me. Rolin Booysen, Lake Umuzi se bemarker, gesê.

Wyn Inni Tyn vind op Saterdag, 24 Augustus vanaf 10vm tot 4nm by Boesies, Lake Umuzi Suid-Oewer plaas.

Sowat 15 kunstenaars sal van 11vm in die buitelig skilder en skets waarna die kunswerke ten bate van Hoëveld-dierebeskermingsvereniging opgeveil sal word.

Verskeie bottels wyn van hoë gehalte en waarde, sal ook op die veiling beskikbaar wees.

Enigiemand wat ‘n item vir die veiling wil skenk, is welkom.

Ontwerpersklere deur Ronel Scholtz en ingevoerde kerse van Poland af sal uitgestal word.

Wat is wyn sonder kaas?

Kaasborde, pizza, biltong, hamburgers en lekkergoed vir kinders sal onderandere te koop aangebied word.

Kaartjies sal by Lake Umuzi Box Office voor, 24 Augustus beskikbaar wees en ook Saterdag by die hek.

Jou kaartjie teen R75 per persoon sluit ‘n proeglas in.

Kinders is welkom en sal ook vermaak word.

Shared Address en klavierspel deur Charlie sal besoekers vermaak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button