Laerskool Marietjie van Niekerk se Wildsfees vind Saterdag plaas
Geen kinders onder die ouderdom 18 jaar word toegelaat nie.
BETHAL – Laerskool Marietjie van Niekerk sal weer die vure hoog laat brand met Ricus Nel en ander kunstenaars tydens vanjaar se gewilde Wildfees op Saterdag, 31 Augustus.
Karlien van Jaarsveld mag dalk net met haar geskeurde jeans opdaag, maar nie te min, sy sal ook die gehoor vermaak.
Coenie Barnard gaan besoekers behoorlik in ‘n kuierbui kry met Lize Pieterse wat die aand sal afsluit.
Geen kinders onder die ouderdom 18 jaar word toegelaat nie.
Hekke open omstreeks 4nm en die beplanning is dat die program om 6nm sal afskop.
‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.
Vir meer inligting, skakel die skool kantoor by 017 647 1481 of mnr. Swanepoel vir tent besprekings by 079 528 4837.



